Ons bly in ’n land met van die hoogste moord-, verkragting- en aanrandingsyfers ter wêreld. In dié gevaarlike tye waarin ons leef, het dit algemeen geword dat vroue bang, hopeloos en uitgelewer voel.

AfriForum  Sport het daarom ’n selfverdedigingsprogram geloods om die vroue in ons gemeenskappe te bemagtig. Dié program word aangebied in progressiewe kursusse wat elke 3 tot 4 maande plaasvind. Dié kursusse word hoofsaaklik oor naweke aangebied (volgens die behoefte) en elke kursus is sowat ses ure lank.

Kostes beloop R500 per persoon, maar AfriForum-lede kry R100-korting.