AfriForum Sport se aanlyn platform bring onder meer die beste oefenprogramme, afrigtingswenke, opleiding en ’n lys van sosiale sportgeleenthede tot in die huise van ons lede en die wyer publiek.

AfriForum Sport werk met kundiges in die sportwêreld saam om gehalte-inhoud te ontwikkel wat op ons aanlyn platforms beskikbaar sal wees. Die inhoud gaan op verskeie sportverwante terreine fokus – spesifiek op verskeie fases in sportontwikkeling. Hoewel ons aanvanklik op die gewildste sporte sal fokus, mik ons om soveel moontlik sportsoorte in te sluit.

Met die aanlyn platform sal AfriForum Sport verseker dat dit nie meer saak maak waar jy jouself bevind nie: Jy sal toegang hê tot gehalte-inhoud om ’n gesonde leefstyl te bevorder, om jou sporttalent tot ’n hoër vlak te ontwikkel en om by sportgeleenthede in jou omgewing te kan inskakel. Een van ons hoofdoelwitte is om die toegang tot sporthulpbronne en -geleenthede te vergemaklik. Dit sal ons grotendeels met hierdie projek bewerkstellig.

Omdat die fokus van hierdie platform so wyd is, sal hierdie projek nie net ons lede en ander persone bemagtig nie, maar ook ander organisasies soos skole en sportklubs, asook onderwysers.

Indien jy deel van hierdie suksesstorie wil wees en ons wil ondersteun om dié projek so vinnig moontlik in werking te stel, kan jy as ’n lid by ons aansluit. Stuur gerus ’n e-pos aan sport@afriforum.co.za indien jy in persoonlike hoedanigheid of namens jou organisasie ’n eenmalige donasie wil maak.

Word deel van ’n sportgemeenskap wat saam bou. Word deel van AfriForum Sport.

Die bal is in jou hande!