Dit is alom bekend dat die kondisionering van ’n atleet, ongeag die soort sport wat hul beoefen, ’n integrale rol in hul vermoë speel om in die hoogste vlakke te kan presteer. Ongelukkig is die werklikheid dat nie alle skole of sportklubs oor die nodige hulpbronne beskik om hierdie stelsel aan hul atlete te bied nie.

AfriForum Sport beoog om soveel moontlik skole en klubs met buitelugkondisioneringstoerusting toe te rus, wat atlete sal help om hul kondisionering, met behulp van oefenprogramme wat deur kundiges opgetrek is, in hul eie hande te kan neem. Hierdie stelsels kan groot groepe op ’n keer akkommodeer, maar kan ook deur enkelinge gebruik word. Dit is dus ideaal vir skole, sportklubs en gemeenskapsportsentrums. 

Met hierdie projek sal AfriForum Sport verskeie mense en ander organisasies toegang gee tot kondisioneringstoerusting wat hulle moontlik nie voorheen gehad het nie. Dit sal atlete in staat stel om hul maksimum potensiaal te bereik.

Hierdie projek sal skole, sportklubs en gemeenskapsportsentrums se produkaanbieding help verhoog, tot voordeel van atlete.

Indien jy deel van hierdie suksesstorie wil wees en ons wil ondersteun om dié projek so vinnig moontlik in werking te stel, kan jy as ’n lid by ons aansluit. Stuur gerus ’n e-pos aan sport@afriforum.co.za indien jy in persoonlike hoedanigheid of namens jou organisasie ’n eenmalige skenking wil maak.

Word deel van ’n sportgemeenskap wat saam bou. Word deel van AfriForum Sport.

Die bal is in jou hande!