Die Voortrekkermonument is nie net ’n erfenisgebied nie; die terrein bied ook die geleentheid aan mense om aktief te wees deur van sowel die draf- as fietsroetes op dié terrein gebruik te maak.

AfriForum Sport werk saam met die nuwe bestuur van die Voortrekkermonument (die FAK) om weer die terrein se volle potensiaal te ontgin. Hierdie projek sluit onder meer die opgradering van reeds bestaande en die ontwikkeling van nuwe draf- en fietsroetes in, asook ’n volledige veiligheidsoudit en die opgradering van die piekniekarea.

Met hierdie samewerkingsprojek skep ons nie net ’n veilige omgewing waar mense kan oefen nie, maar investeer ons ook in die skep van ’n omgewing waarin gesinne, vriende en gemeenskappe kan byeenkom en sosiaal kan wees. Die verskeidenheid van aktiwiteite wat die terrein gaan bied, sal elkeen laat tuis voel, wat ook al hul belangstellings.

Die doel is om die terrein só te ontwikkel dat enige gemeenskapsorganisasie dit graag sal wil gebruik. Die aanbod sal só aantreklik wees dat die Voortrekkermonument volhoubaar sal kan voortbestaan en terselfdertyd gemeenskappe bymekaar sal bring.

Indien jy deel van hierdie suksesstorie wil wees en ons wil ondersteun om dié projek so vinnig moontlik in werking te stel, kan jy as ’n lid by ons aansluit. Stuur gerus ’n e-pos aan sport@afriforum.co.za indien jy in ’n persoonlike hoedanigheid of namens jou organisasie ’n eenmalige donasie wil maak.

Word deel van ’n sportgemeenskap wat saam bou. Word deel van AfriForum Sport.

Die bal is in jou hande!