#VIRHOOP: 15 Oktober 2022
AfriForum Sport bied in 2022 maandeliks die #VirHoop-gemeenskapsdag by die Voortrekkermonument aan. Die doel van hierdie inisiatief is om geleenthede te skep waartydens gesinne, vriende en die breër gemeenskap bande kan snoer, gehaltetyd saam kan spandeer en terselfdertyd ’n gesonde leefstyl kan handhaaf in die pragtige omgewing waarin die Voortrekkermonument geleë is.
Deelnemers het die keuse om by hierdie geleenthede die 5 km-, 10 km- of 15 km-roete te stap of te draf, terwyl fietsryliefhebbers terselfdertyd welkom is om deur die dag die sosialefietsryroetes aan te durf.
Tyd:
Registrasie om 06:30
Wegspring om 07:00
"*" indicates required fields
Additional Details
Registration Time - 00:00