Registrations have closed.
#VirHoop-pretloop: Bemagtig ‘n kind

#VirHoop-pretloop: Bemagtig ‘n kind

by
783 783 people viewed this event.

AfriForum Sport bied in 2022 maandeliks die #VirHoop-pretloop by die Voortrekkermonument aan.

Deelnemers sal die keuse hê om by hierdie geleenthede die 5 km-, 10 km- of 15 km-roete te stap of te draf, terwyl fietsryliefhebbers terselfdertyd welkom is om deur die dag die sosiale fietsryroetes aan te durf. Die doel vir hierdie geleentheid is om fondse in te samel vir Bemagtig ’n kind, ’n inisiatief van Helpende Hand.

ʼn Klein bydrae kan ’n reuseverskil in ’n kind se lewe maak. Met die Bemagtig ’n kind-projek, ’n gesamentlike inisiatief van Helpende Hand en Maroela Media, word behoeftige kinders op verskillende maniere bygestaan om hul lewens in ’n nuwe rigting in te stuur.

Kinders is ’n kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net ’n klein verskil in so ’n kind se lewe om vir hom of haar ’n brug te bou na beter omstandighede toe, hetsy dit koshuisgelde, vervoer na en van die skool, remediërende onderrig, terapie of iets anders is wat hul benodig. Bemagtig ’n kind kan juis hiermee ondersteuning en hulp bied. Word deel van ons familie en maak ’n verskil in ’n kind se lewe, skep hoop!


#VirHoop-pretloop is gekanselleer weens die reën.


Ondersteun asseblief die Bemagtig ’n kind-projek deur ’n donasie te maak.

Additional Details

Registration Time - 00:00

 

Datum en tyd

12-11-2022 tot
12-11-2022
 

Event Category

Deel met vriende