Registrations have closed.
#VIRHOOP: 24 Junie 2023

#VIRHOOP: 24 Junie 2023

by
1261 1261 people viewed this event.

AfriForum Sport bied op 24 Junie die #VirHoop-pretdraf/-stap by die Voortrekkermonument aan. Die doel van hierdie inisiatief is om geleenthede te skep waartydens gesinne, vriende en die breër gemeenskap bande kan snoer, gehaltetyd saam kan spandeer en terselfdertyd ’n gesonde leefstyl kan handhaaf in die pragtige omgewing waarin die Voortrekkermonument geleë is.

Tydens vanjaar se #VirHoop-geleentheid beoog ons om fondse in te samel vir Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig-’n-kind-projek.

’n Klein bydrae kan ’n reuseverskil in ’n kind se lewe maak. Met die Bemagtig-’n-kind-projek, ’n gesamentlike inisiatief van Helpende Hand en Maroela Media, word behoeftige kinders op verskillende maniere ondersteun om hul lewens in ’n nuwe rigting in te stuur. https://helpendehand.co.za/bemagtig-n-kind/

Kinders is ’n kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net ’n klein verskil in só ’n kind se lewe om vir hom of haar ’n brug te bou na beter omstandighede, hetsy dit koshuisgeld, vervoer na en van die skool, remediërende onderrig, terapie of iets anders is wat hulle benodig. Dit is juis hiermee waarmee Bemagtig-’n-kind ondersteun. Word deel van ons familie en maak ’n verskil in ’n kind se lewe deur hoop te skep!

Registrasie: 07:30
Wegspring: 08:00


"*" indicates required fields

Hardloop

Naam en van*
Afstande*



Additional Details

Registration Time - 00:00

 

Datum en tyd

24-06-2023 tot
24-06-2023
 

Event Category

Deel met vriende