#VirHoop
Inligting
Datum: | Saterdag 28 Oktober 2023 |
Plek: | Vredenheim-wynplaas, Stellenbosch |
Tyd: | Kies jou eie begintyd tussen 07:00 en 09:00
Geen ophoping van mense by registrasie nie; die saligheid van die natuur en genoeg tyd om die hele familie uit die bed te kry vir ’n dag in die buitelug! |
Roete: | 5 km-roete: Familie-vriendelik (toeganklik vir stootwaentjies) 10 km-roete: Uitdagende terrein (nie aanbeveel vir kinders/stootwaentjies nie) *sien kaart onder “Roete” |
Kapasiteit: | Beperk tot 500 inskrywings vir die dag |
Program: | |
Begunstigde: | AfriForum-traumaeenheid |
Komplimentêre verwelkomingsakkie aan elke deelnemer
Kostes
Opsies
Volwassenes (19 jaar +) | R80 (slegs wedloop) OF R140 (wedloop PLUS een bottel Vredenheim Sauvignon Blanc-wyn) |
Pensioenaris (60 jaar +) | R60 (slegs wedloop) OF R130 (wedloop PLUS een bottel Vredenheim Sauvignon Blanc-wyn) |
Leerders (7 tot 18 jaar) | R40 (slegs wedloop) OF R120 (wedloop PLUS ’n hamburger) |
Kinders (0 tot 6 jaar) | GRATIS (slegs wedloop) OF R80 (wedloop PLUS ’n hamburger) |
Familiepakket
Familie – twee volwassenes of pensionarisse (19 jaar +) en twee kinders (7 tot 18 jaar) | R200 (slegs wedloop) OF R600 (wedloop en een bottel Vredenheim Sauvignon Blanc-wyn PLUS vier katparktoegang PLUS vier hamburgers |
Ander opsies
Spesiale aanbod deur Vredenheim vir deelnemers.
Besprekings vind plaas by die Vredemheim-stalletjie op die dag van die wedloop.
Katparktoegang | R80 per volwassene/pensionaris R52 per kind/leerder |
Diereplaastoegang | R40 per volwassene/pensionaris R24 per kind/leerder |
Kombinasie: Katpark- EN diereplaastoegang | R96 per volwassene/pensionaris R84 per kind/leerder |
Ontbyt-wrap | R60 |
Algemeen
WATERPUNTE
- Beskikbaar op die 5 km- en 10 km-roete
REËLS
- Mediese dienste is beskikbaar by begin- en eindpunt van die 5 km- en 10 km-roete.
PRYSUITDELING
- Familie-inskrywings: Beste tema en gees
- Volwasse inskrywings: 1ste, 2de en 3de plek
- Leerder-/kinderinskrywings: 1ste, 2de en 3de plek
Roete
5km
10km
Begunstigde
AfriForum se traumaeenheid is in 2015 gestig en lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldsmisdaad, veral slagoffers van plaasaanvalle.
Ondersteunersdrag
Wys jou steun vir slagoffers van plaasmoorde deur hierdie ondersteuners-T-hemp te dra op die dag van die wedloop.
Bestellings kan geplaas word by trauma@afriforum.co.za met die onderwerpreël “Ondersteunersdrag”.
Bestellings sluit op 12 Oktober 2023.
Bevestig asb. die grootte, hoeveelheid en snit (mans/dames/kinders) wat verlang word en verdere kommunikasie rakende koste, betaling en afhaal sal deurgegee word.
Skryf in
"*" indicates required fields
Additional Details
Registration Time - 00:00