Registrations have closed.
#VirHoop Kompetisie: 11 Junie 2022

#VirHoop Kompetisie: 11 Junie 2022

by
618 618 people viewed this event.



#VirHoop-laerskolekompetisie

AfriForum Sport wil graag waarde toevoeg tot die ontwikkeling van kinders in laerskole deur deelname in sport en gaan landloop as voertuig tot hierdie doel aanwend vir die volgende ses maande. Ons stuur daarom graag ’n kompetisie van stapel waarin ons laerskole uitdaag om aan ons maandelikse #VirHoop-gemeenskapsdag te kom deelneem wat by die Voortrekkermonument aangebied word. Die laerskool wat die grootste deelname by die volgende ses geleenthede gehandhaaf het, sal ’n R5 000-skenking vanaf AfriForum Sport ontvang om landloop nog verder in die skool te ontwikkel.

Hoe dit werk:

  • Die landlooporganiseerder van jou laerskool registreer die skool vir hierdie kompetisie hier.
  • By elke geleentheid sal ouers en leerders registreer onder hul skool se naam.
  • Die totale deelname oor die ses geleenthede word na die laaste geleentheid bereken.
  • Die laerskool met die grootste deurlopende deelname wen R5 000.

Die datums vir die volgende ses geleenthede vir 2022 is:

  • 11 Junie
  • 9 Julie
  • 20 Augustus
  • 17 September
  • 15 Oktober
  • 12 November

Wat ’n lekker geleentheid om jou skool en sy kinders te bemagtig en terselfdertyd kwaliteittyd saam met vriende en familie te geniet.

#VirHoop-kompetisie vir draf-/hardloopklubs

AfriForum Sport wil graag waarde toevoeg tot die ontwikkeling en behoud van drafklubs aangesien hierdie voertuig ’n groot rol speel in gesonde gemeenskappe. Ons stuur daarom graag ’n kompetisie van stapel waarin ons drafklubs uitdaag om aan ons maandelikse #VirHoop-gemeenskapsdag te kom deelneem wat by die Voortrekkermonument aangebied word. Die klub wat die grootste deelname by die volgende ses geleenthede gehandhaaf het, sal ’n R5 000-skenking vanaf AfriForum Sport ontvang om die klub verder te ontwikkel en te versterk.

Hoe dit werk:

  • Die organiseerder van jou klub registreer hier vir hierdie kompetisie.
  • By elke geleentheid sal klublede registreer onder hul klub se naam.
  • Die totale deelname oor die ses geleenthede word na die laaste geleentheid bereken.
  • Die klub met die grootste deurlopende deelname wen R5 000.

Die datums vir die volgende ses geleenthede vir 2022 is:

  • 11 Junie
  • 9 Julie
  • 20 Augustus
  • 17 September
  • 15 Oktober
  • 12 November

Wat ’n lekker geleentheid om jou klub te bemagtig en terselfdertyd kwaliteittyd saam met vriende en familie te geniet.

Additional Details

Registration Time - 00:00

 

Datum en tyd

11-06-2022 tot
11-06-2022
 

Event Category

Deel met vriende