Registrations have closed.
#VIRHOOP: “MY 100 FOR HOSPICE” – 17 September 2022

#VIRHOOP: “MY 100 FOR HOSPICE” – 17 September 2022

by
487 487 people viewed this event.

AfriForum Sport bied in 2022 maandeliks die #VirHoop-gemeenskapsdag by die Voortrekkermonument aan. Die doel van hierdie inisiatief is om geleenthede te skep waartydens gesinne, vriende en die breër gemeenskap bande kan snoer, gehaltetyd saam kan spandeer en terselfdertyd ’n gesonde leefstyl kan handhaaf in die pragtige omgewing waarin die Voortrekkermonument geleë is.

Deelnemers het die keuse om by hierdie geleenthede die 5 km-, 10 km- of 15 km-roete te stap of te draf, terwyl fietsryliefhebbers terselfdertyd welkom is om deur die dag die sosialefietsryroetes aan te durf.

DIE DOEL VAN “MY 100 FOR HOSPICE”

Die Sungardens Hospies bied gespesialiseerde, palliatiewe sorg aan pasiënte met progressiewe, ver gevorderde en ongeneeslike siektes.

Die idee van ’n gesinspretdraf het ontstaan uit ’n behoefte om die lewe te vier en die aandag op ’n gesonde leefwyse te vestig.

Die pretdraf dien ook as geleentheid om die publiek oor die dienste en voordele van palliatiewe sorg in te lig en om bewustheid te skep van lewensbedreigende siektes soos kanker, MIV en vigs, neurologiese siektes en ander terminale orgaanversaking.

Die Sungardens Hospies bied ook troosdienste, en dié pretdraf gee geleentheid aan mense om in herinnering aan ’n geliefde te kom hardloop of draf, of om iemand te ondersteun wat aan ’n lewensbedreigende siekte ly. Deelnemers kan hul liefde en ondersteuning op enige wyse betoon, byvoorbeeld deur ’n T-hemp, keps of banier te dra waarop iemand se naam geskryf is.

Die naam “MY 100 VIR HOSPIES” beteken dat elke deelnemer R100 bydra om ’n goeie saak te ondersteun, asook mense wat aan lewensbedreigende siektes ly.

Tyd:
Registrasie om 07:00
Wegspring om 07:30


"*" indicates required fields

Hardloop

Naam en van*
Afstande*
Donasie

Additional Details

Registration Time - 00:00

 

Datum en tyd

17-09-2022 @ 07:30
 

Event Category

Deel met vriende