Gholf is een van die grootste ontwikkelende sporte in ons land. Daar is ’n beduidende hoeveelheid kinders wat uitnemende potensiaal toon om deur hierdie sport ’n toekoms vir hulself te skep. Die harde werklikheid is egter dat gholf ’n baie duur sport is. Gevolglik kan weinig ouers dit bekostig om hul kinders tot hul volle potensiaal te help ontwikkel om professionele gholfsterre te word.

AfriForum Sport het besluit om met IPlayICare saam te werk omdat dié organisasie reeds uitstekende werk in juniorgholfontwikkeling verrig. Ons werk tans aan ’n verskeidenheid van projekte om geleenthede te skep om potensiaal raak te sien en fondse te genereer om jong talent te ondersteun.

Deur hierdie samewerkingsprojek sal AfriForum Sport jong talent bemagtig deur geleenthede en toegang tot hulpbronne te skep om hulle in staat stel om hul volle potensiaal te bereik.

Hierdie projek is spesifiek op kinders gefokus en ons hoop dat ons hiermee baie toekomstige gholfsterre sal ontwikkel.

Indien jy deel van hierdie suksesstorie wil wees en ons wil ondersteun om dié projek so vinnig moontlik in werking te stel, kan jy as ’n lid by ons aansluit. Stuur gerus ’n e-pos aan sport@afriforum.co.za indien jy in ’n persoonlike hoedanigheid of namens jou organisasie ’n eenmalige donasie wil maak.

Word deel van ’n sportgemeenskap wat saam bou. Word deel van AfriForum Sport.

Die bal is in jou hande!