’n Forum vir atlete

Hierdie forum is ’n voertuig waardeur AfriForum Sport en organisasies in die privaat sektor saamwerk om ons provinsiale en nasionale atlete te ondersteun deur vir hulle toegang te gee tot die nodige hulpbronne sodat hulle voldoende vir kompetisies kan voorberei en daaraan kan deelneem.

Sluit sommer dadelik by AfriForum Sport se forum vir atlete aan!

Atlete, skep jou profiel hier:

Naam*
Van*
Kontaknommer
E-posadres
Sportsoort
Beste prestasie
Volgende byeenkomste
Kort beskrywing
Laai ’n foto op
Maximum file size: 10 MB
Laai ’n video op
Maximum file size: 100 MB
Bewys van bankbesonderhede
Maximum file size: 10 MB
Bewys van verkiesing as SA/Provinsiale atleet
Maximum file size: 10 MB
ID
Maximum file size: 10 MB
Opsomming van koste vir die voorbereiding vir en deelname van byeenkomste
Maximum file size: 10 MB

Braven Performance het Ronald Peters, AfriForum Sport se bestuurder, uitgedaag om in November vanjaar aan die halwe-ystermankompetisie in Mosselbaai deel te neem. Sy deelname sal nie net bewusmaking vir hierdie projek skep nie, maar sal ook as beginpunt vir fondsinsameling vir dié forum dien.

Ronald het die uitdaging aanvaar, maar gaan ondersteuning nodig hê om dit suksesvol aan te pak. Die doel van Projek Yster Slyp Yster is om te bewys dat ’n mens wat nie tans topfiks is nie, of nog nooit vantevore aan ’n halwe-ystermankompetisie deelgeneem het nie dit in minder as ses ure kan voltooi – mits dié persoon die nodige ondersteuning vanuit die privaat sektor kry. Dit sal bewys dat ons professionele atlete selfs nog hoër hoogtes kan bereik indien hulle die nodige ondersteuning kry.

Klik hier om vir Ronald te ondersteun.

Dit is vir ons baie belangrik om ’n verhouding met elke organisasie, onderneming en persoon te bou wat by Projek Yster Slyp Yster betrokke raak, want die doel daarvan is baie groter as net hierdie enkele projek, naamlik om ’n grondslag te skep vir ’n volhoubare oplossing wat Suid-Afrika se atlete sal help om hul volle potensiaal te bereik.

Waldouw
Smit

Ek is Waldouw Smit n Suid Afrikaanse Spiesgooier met n huidiglike beste afstand van 81,47m en hoop om dit deur die verloop van die seisoen te verbeter. Ek is ook die huidige Suid Afrikaanse kampioen en is nommer 32 op die Wereldranglys. Ek het verlede jaar aan nege byeenkomste regoor Europa deelgeneem en moes dit met my eie finansies betaal om daar uit te kom met meeste vlietuigkaartjie koste en Visa koste. ek moet ook op die oomblik vir my eie fisioterapie betaal en enige behandeling wat my lyf help om beter te presteer. Ek is huidiglik ‘n ingeskrewe student by die NWU waar ek my nagraadse studie in Besigheidsbestuur doen. Ek het my graad in 2022 ontvang by die NWU vir Ekonomie en Risikobestuur. Ek is huidiglik 23 jaar oud en voel ek het nog tyd aan my kant om my doelwitte in die sport te bereik. En met dit wat Afriforum huidiglik besig is sal dit die proses vir my baie beter en makliker maak en sal ek baie dankbaar daarvoor wees.

Jason
van rooyen

Good day I am Jason van Rooyen an Olympic shotput athlete. 

I competed in the 2021 Tokyo olympic games.

I have competed in numerous sporting events globally over the last 8 years and I am hoping

that I can finally find some financial support, to realise a young boys dream.

Esti
Olivier

Ek is die Nasionale Snelroei vroue kampioen sedert 2017.  Ek het al in verskeie internasionale byeenkomste deelgeneem op Junior, o23 en Senior vlakke.   My top internasionale prestasies sluit in; 2008 Junior Afrika Kampioen, 5de by die 2013 o23 Wereld Kampioenskappe, 7de by die 2015 o23 Wereld Kampioenskappe, verskeie A-finale tussen 2015 en 2018 op Senior byeenkomste, 3x Goue medalje wenner by die 2019 Afrika Spele, Silver medalje wenner by die 2021 Wereld Beker, A-finalis by die 2022 Senior Wereld Kampioenskappe.  Kyk gerus my video vir nog inligting oor myself en my drome! 

Hierdie forum is ’n voertuig waardeur AfriForum Sport en organisasies in die privaat sektor saamwerk om ons atlete te ondersteun.

Klik hier om ’n atleet te borg. Gebruik die atleet se naam as verwysing.