Gehalte-afrigtingskursusse is nie net skaars nie; dit is ook peperduur en mense, skole en ander organisasies kan dit nie geredelik bekostig nie. Deur in vennootskap te tree met gehalteafrigters en -sportbestuurders, asook ander kundiges, kan AfriForum Sport ’n platform skep waar afrigters toegang tot gehalteopleiding in verskeie sportdissiplines kan hê. Hulle sal moontlik selfs persoonlik aan mentorskapprogramme kan deelneem.

Ons sal nie net op praktiese aspekte van afrigting fokus nie, maar ook op aspekte soos sielkunde en finansiële bestuur.

Met dié projek sal AfriForum Sport en ons vennote in die toekoms van sport in ons land investeer, deur mense te bemagtig wat verantwoordelik is vir die afrigting en ontwikkeling van ons toekomstige sportsterre.

Hierdie projek is spesifiek op huidige en toekomstige afrigters en sportbestuurders gefokus. Ons glo dat die bemagtiging van dié mense tot die uiteindelike uitbou van atlete en spanne sal lei.

Indien jy deel van hierdie suksesstorie wil wees en ons wil ondersteun om dié projek so vinnig moontlik in werking te stel, kan jy as ’n lid by ons aansluit. Stuur gerus ’n e-pos aan sport@afriforum.co.za indien jy in persoonlike hoedanigheid of namens jou organisasie ’n eenmalige donasie wil maak.

Word deel van ’n sportgemeenskap wat saam bou. Word deel van AfriForum Sport.

Die bal is in jou hande!