Die Solidariteit Beweging-sportdag vind hierdie jaar op 19 Mei plaas by Centurion Action Sports (Bull Ring) en Centurion Rugbklub (pretloop/draf).
Sien asseblief die algemene reëls:
- Die sportdag is vrywillig en personeel neem op eie risiko aan die items deel.
- Personeel mag slegs aan een spansport [netbal, dodgeball en pool (Afrikaans: potspel)] deelneem, om logistieke reëlings te vergemaklik.
- Kies asseblief een verteenwoordiger per span om die span in te skryf.
- Parkeer asb. by die hek aan die regterkant van Centurion Rugbyklub se hoofhek. Daar sal karwagte wees.
- Water sal vir deelnemers en helpers beskikbaar wees.
- Elke deelnemer ontvang ’n gratis koffie en ’n koeldrankkoepon.
- Geen eie kos of koeldrank word toegelaat nie. Ons moet asseblief die arena ondersteun.
- Daar is ’n kontantkroeg waar koeldrank gekoop kan word.
- Kaartfasiliteite is beskikbaar.
- Daar is pryse vir die wenners en ’n trofee vir die beste spangees/-drag.
- Noodhulp sal op die dag beskikbaar wees.
- Bring sonskerm en jou pet.
- Bring ook goeie sportmangees saam!
- Kosbestellings sal later per e-pos gekommunikeer word.
- Inskrywings sluit 5 Mei.
- Vir enige navrae stuur asseblief ’n e-pos na sport@afriforum.co.za.
Pretloop
Netbal
Sewe tot nege spelers per span.
Dodgeball
Ses tot agt spelers per span.
Pool
Twee spelers per span: 2 mans/2 dames/man en dame. Inskrywings is beperk.