Ons bevind onsself tans in onsekere tye waarin ’n mens vinnig mismoedig of wanhopig kan voel. Ons weet egter dat dit in sulke tye veral van kritieke belang is dat ons een of ander tipe oefening moet doen sodat ons immuunstelsel sterk kan bly en ons algehele welstand nie onder hierdie negatiewe omstandighede gebuk gaan nie.

AfriForum Sport in samewerking met Cactic Fitness en Sweat Gear nooi jou en jou gesin uit om saam aktief te wees en hope pret te hê deur aan ’n vier week lange gesinsuitdaging deel te neem. Dié uitdaging is op só ’n manier deur kundiges saamgestel dat elke lid van die gesin daaraan sal kan deelneem. Wonderlike pryse is op die spel en jy kan verseker wees dat jou deelname aan hierdie uitdaging baie vermaak vir die hele gesin gaan inhou. 

Hoe werk dit?

  • Ons gaan oor die volgende vier weke weekliks een video op AfriForum Sport se webtuiste en sosialemediaplatforms laai waarin die gesinsuitdaging vir daardie spesifieke week verduidelik sal word.
  • Die uitdaging is oop vir almal, maar indien jy en jou gesin vir enige van die pryse in aanmerking wil kom, moet julle op die webtuiste registreer.

Pryse:

  • Die gesinne wat ons tydens die verloop van die uitdaging die meeste op ons sosialemediaplatforms “tag”, sal aan die einde van die vier weke aangekondig word, terwyl hulle pryse ook dan bekend gemaak sal word. Gesinne kan ons “tag” by @afriforum, @cacticfitness en @sweatgear deur van die hutsmerk #Gesinsuitdaging gebruik te maak.
  • Ons gaan tydens die vier weke ook ’n paar onverwagse, bykomende uitdagings bekendstel. Afsonderlike pryse sal op die spel wees vir die wenners van hierdie uitdagings.

Ons glo dat jy en jou gesin hope pret sal hê tydens jul deelname aan hierdie vier week lange gesinsuitdaging. Onthou asseblief om julle pret met ons te deel op al AfriForum Sport se sosialemediaplatforms.

Saam maak ons gemeenskappe sterker.

AfriForum Sport

Die bal is in jou hande


WEEK 1


WEEK 2


WEEK 3


WEEK 4