AfriForum Sport bied in 2022 maandeliks die #VirHoop-gemeenskapsdag by die Voortrekkermonument aan. Die doel van hierdie inisiatief is om geleenthede te skep waartydens gesinne, vriende en die breër gemeenskap bande kan snoer, gehaltetyd saam kan spandeer en terselfdertyd ’n gesonde leefstyl kan handhaaf in die pragtige omgewing waarin die Voortrekkermonument geleë is.

AfriForum Sport beoog ook om met hierdie geleenthede fondse in te samel vir die onderhoud van roetes by die Voortrekkermonument, asook om ander projekte/inisiatiewe te ondersteun wat ook deur middel van sport gemeenskappe en/of individue bemagtig.

Die datums van hierdie geleenthede vir 2022 is soos volg:

  • 12 Februarie
  • 12 Maart
  • 14 Mei
  • 11 Junie
  • 9 Julie
  • 20 Augustus
  • 17 September
  • 15 Oktober
  • 12 November

Deelnemers sal die keuse hê om by hierdie geleenthede die 5 km-, 10 km- of 15 km-roete te stap of te draf, terwyl fietsryliefhebbers terselfdertyd welkom is om deur die dag die sosialefietsryroetes aan te durf.

Wegspringtye, die registrasieplatform en ander relevante inligting sal op die individuele bemarkingsmateriaal gekommunikeer word.

Dagboek die datums en hou AfriForum Sport se webtuiste en sosialemediaplatforms dop vir meer inligting, wat registrasies vir hierdie geleenthede insluit.

Registrasies open om 07:30

Wegspring om 08:00

Funksies

Daar is tans geen gebeure nie.