Die 2022 Gauteng XCR (Aflos) geborg deur AfriForum Sport bied alle vlakke van deelname en die opwinding om deel te neem aan ’n Olimpiese veldwedren (XCO). Soortgelyk aan XCO, bestaan XCR uit rondtewedrenne vir bergfietse op kort maar goed ontwerpte en versorgde renbane wat selfs vir beginnerryers voorsiening maak. XCR is pret, veilig, uitdagend en toeskouervriendelik. Alle items wat deur XCOSA aangebied word, is deur die CSA goedgekeur en word volgens internasionale regulasies uitgevoer!

Die doel van die 2022 Gauteng XCR (Aflos) geborg deur AfriForum Sport is om nuwelinge bloot te stel aan die opwinding van XCO. Deelnemers mag inskryf en solo deelneem of in spanne met twee tot vier lede. Elke soloryer en span moet 8 x 5 km-rondtes voltooi, en dit uitspook om die botoon te voer in hulle onderskeie kategorieë. Kategorieë wissel van 10- tot 70-jariges. Spanne kan uit eenderse of verskillende geslagte en/of ouderdomskategorieë bestaan. Spanne met lede uit verskillende ouderdomskategorieë neem in die sterkste lid se kategorie deel.

MEER INLIGTING

REGISTREER HIER